NewsSchools

Bok van Blerk neem Vossies op toekomsreis

Die Vossies se opedag vir al die voornemende graad 8-leerlinge het op 16 Mei plaasgevind.

 

Van heinde en verre … Antjies, Klofies, Bergies, Larries (en wie nog) was by Vossieland!

Hierdie jaar se tema was: REIS … Jou toekomsreis – almal wil mos saam op reis gaan na sukses.

‘By Ben Vorster droom ons saam met jou,’ luidens die skool

Al die vlugte was vol bespreek, want op die vlug BV2019 was ‘n bekende gaskunstenaar nl. Bok van Blerk, wat hulle om die wêreld na al die lande geneem het en daar by verskeie plekke gestop het om volbloed Vossie-passassiers op te laai. Kaptein Denysschen en sy vlugkelners in rooi uniform was aan die stuur en het almal welkom geheet en veilig laat voel.

Veiligheid is die eerste prioriteit op vlug BV2019 gewees.

Kaptein Denysschen het na die versorging en veiligheid van sy voornemende graad 8-leerlinge omgesien. Hy het seker gemaak dat hul vasgegordel is vir die opstyg en landing van die Ben Vorster-vliegtuig wat hul droomreis ‘n sukses vir 2019 sal maak.

Die vlugkelners het gesorg vir maaltye, versnapperings en Vossie-water. Hy het ook seker gemaak dat die passasiers die reëls gehoorsaam by elke landing.

Daar is by Toekie Vorster dameskoshuis vir ‘n beenrek oefening saam met Toekie, ons vriendelike Buffelmeisie, gestop. Sy moes hul gou ‘n paar danspassies leer voor daar geland is op Vossieland vir ‘n optrede saam met Bok van Blerk. Erik Meintjies, die hoofseun, en Nielia Blignaut, die hoofdogter, het almal se aansoekvorms vir registrasie saam met hul leerlingraad op vlug BV2019 deeglik deurgegaan en seker gemaak dat niemand onwelkom voel nie en hul besoek onvergeetlik aan Vossieland was!

Al die Vossies is wenners en die ouers van die passasiers is deur Kaptein Denysschen gerusgestel : “Jul kinders sal veilig wees en gekoester word.

Net die beste onderwysers en afrigters is goed genoeg vir Vossieland. Daar is plek vir Player 23 en hy word ontwikkel tot die beste van sy vermoë!”

Daar is om twaalfuur bene gerek by Buffelskraal-restaurant voor hul na die bekende Vossie-pawiljoen is vir ‘n vertoning deur Bok en Toekie.

Die Toekie-lyndans was die “hit” op die program vir al die passasiers. Almal kon staan vir ‘n foto saam met die plaaslike kunstenaar en daar is CD’s verkoop wat hyself vir hul geteken het.

‘Almal het “Afrikanerhart” uit volle bors gesing en het huis toe gegaan met die wete dat ons skool, Ben Vorster, ‘n skool is van kleure en klank, van oorvloed en dank en die heel beste is in die land,’ sê die skool.

Gaan besoek gerus die skool se Faceboekblad vir foto’s van die dag of sit jou naam op die “Future Vossie”-web en gaan droom saam.

Die Vossies wag vir jou!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button