Vossies bied weer krieketkliniek aan

Die Hoërskool Ben Vorster se krieketakademie bied n krieketkliniek aan op 18 – 19 Mei vir alle laerskool krieketspelers, O/9 – O/13.

Die kliniek word in samewerking met Northern Titans asook die Sport School of Excellance aangebied.

Die afrigtingskorps sal bestaan uit twee van die Titans Akademie se afrigters, twee Titans professionele spelers asook die gesoute afrigter Chris Cardoso.

Die program begin Vrydag om 14:00 tot 17:00 en Saterdag van 08:00 tot 11:00.

Die koste beloop R300 per speler.

Na afloop van die kliniek sal ‘n groep van 12 spelers gekies word wat later die jaar n afrigtingskliniek in Centurion by Supersport Park sal bywoon. Die kliniek was ‘n reuse sukses in 2017 en die akademie sien met verwagting uit na die jaar se kliniek.

Slegs ‘n beperkte aantal plekke is beskikbaar, skakel Rynier de Jager op 079 883 5655 so spoedig moontlik om teleurstelling te voorkom.

Exit mobile version