TZANEEN: Wag sterk aan na mislukte transitoroof

Die veiligheidswag, James Reed wat in die mislukte transitorooftog Donderdagoggend 3 Mei geskiet is sterk tans aan in die Tzaneen MediClinic.

‘Verdagtes het op die geldwa losgebrand, maar kon nie daarin slaag om enige geld te buit nie, die verdagtes het gevlug en ‘n soektog is geloods,’ het lt.kol. Moatshe Ngoepe aan Letaba Herald op die toneel gesê.

Die gewapende verdagtes het Donderdagoggend losgebrand op die geldwa op die R71 tussen Modjadjiskloof en Tzaneen naby Hoërskool Merensky. Reed is gewond nadat hy glo in sy motor die geldwa begelei het toe die aanvallers toegeslaan het.

Lees: VIDEOS & GALLERY: Letaba Herald live on the scene at cash-in-transit heist

Na wat verneem word is Reed, van Polokwane in die rug geskiet en sy voertuig het hierna tot stilstand gekom.

Volgens inligting is hy twee keer in die bors geskiet.

Foto: Bertus de Bruyn

Hy is in een van die wegkom voertuie gedwing en daar is verder agter die geldwa aangejaag. Reed se motor het glo onklaar geraak net na die R71 afdraai. Reed is uit die motor gegooi en daar is glo weer op hom geskiet.

Die verdagtes is glo afgeskrik, na wagte van die Fidelity geldwa op hulle begin losbrand het.

Read: NKOWANKOWA: Yet another cash-in-transit heist

Die rooftog was ‘n mislukking en die verdagtes was met ons ter perse gaan nog op vrye voet.

Die pad was vir etlike ure gesluit en motoriste moes die Politsipad via Deerpark gebruik na Tzaneen. Dave Protter van die Tzaneen krisis sentrum maan inwoners en die publiek om meer omgewings bewus te wees.

Read: Hoedspruit: Security officials seriously injured during R40 cash-in-transit heist

‘Die publiek moet ruimte gee vir die geldwa voertuie op die pad, en onmiddelik omdraai en spasie maak as daar onraad vermoed word. Dieselfde geld by winkelsentrums. My hare rys as ek sien hoe naby ouers met hulle kinders aan die wagte beweeg. Mens weet nooit wat kan gebeur nie. Hulle moet asseblief hulle afstand hou. Dit kan lei tot tragiese gevolge,’ het Protter gesê.

Exit mobile version