Plasies se Presidente skud blik ten bate van DBV

Vier Presidentstoekenning-leerders van Hoërskool Merensky, het ten bate van die Letaba Dierebeskermingsverening (DBV), blik geskud by die Lifestyle Winkelsentrum.

Vier Presidentstoekenning-leerders van Hoërskool Merensky, het ten bate van die Letaba Dierebeskermingsverening (DBV), blik geskud by die Lifestyle Winkelsentrum.

Hierdie uitreik is deel van die groep se 24- uur gemeenskapsdiens wat bydra tot die hulpbronstoekenning. Tracey van der Dool, voorsitter van fondsinsameling by die Letaba DBV, sê die leerders was almal wonderlik en dat dit ‘n seën was om hulle te ontvang.

Lees: TZANEEN: DBV sluit moontlik hulle hekke

Daar sal weer blikskud-aksies plaasvind op 30 Junie, 28 Julie, 25 Augustus, 29 September, 27 Oktober en 24 November.

Die Letaba DBV is op soek na vrywilligers om te help met fondsinsameling, donasies, sagtehond- en katkos, komberse vir die winter en kosbakke vir honde en katte.

 

Exit mobile version