Editor's choiceLocal newsNews

Top toekenning vir André

Andrè Ernst, eienaar van Allesbeste, het Vrydag 16 Maart die toekenning as Sakepersoon van die Jaar van die Tzaneen Sakekamer ontvang.

“Niemand behoort ooit vir toekennings te werk nie, maar as jy dit ontvang is dit ‘n groot eer en die noodsaaklike brandstof vir jou tenk wat jy baie nodig het,” met diè woorde het Andrè Ernst, eienaar van Allesbeste, Vrydag die toekenning as Sakepersoon van die Jaar van die Tzaneen Sakekamer ontvang.

In ‘n verrassende stap het die gasspreker vir die dag, Stefan Pieterse van Helpende Hand, aangekondig dat hulle ‘n beurs van R80 000 aan Andrè Ernst skenk wat hy na goeddunke kan aanwend vir enige behoeftige student waarvan hy bewus is.

Dit is ‘n geweldige positiewe gebaar en met groot dank deur die Sakekamer aanvaar.

Die toekenning was deel van die jaarlikse prestige funksie en prysuitdeling van die Sakekamer wat by Hotel@Tzaneen aangebied is en deur die Hoërskool Merensky geborg is.

Die funksie is onder andere deur die burgemeester, Marepe Mangena, ander bestuurslede van die munisipaliteit, GTEDA, verskeie skoolhoofde en ander hooggeplaastes bygewoon.

Ernst is veral vereer vir die baanbrekerswerk met die Maluma avo varieteit en talle ander prestasies en betrokkenheid op landbougebied. Hy het die toekenning aan sy hele span opgedra en beklemtoon dat sonder hulle insette sukses nie moontlik is nie en sou hy gewis nie die gesogte toekenning verwerf het nie.

Die voorsitter van die Tzaneen Sakekamer, Llandi van der Walt, het tydens die aankondiging verwys na Andrè se onderskeiding as entrepreneur en leier op landbougebied en ook haar gelukwense aan al die ander wenners en ontvangers van sertifikate uitgespreek.

Die Sugar Hill OK Minimark is as die Vriendelikste Besigheid aangewys en die toekenning is deur Stjohn Clegg ontvang terwyl Carlien Dey van die Olive Tree as Bestuurder van die Jaar bekroon is.

Chantelé Schoeman, eienaar van die Witjassies, is as Opkomende Entrepreneur aangewys en Annalien Schoeman van Koos Smit en Kie as Ontvangsdame van die Jaar. Christine Nel en haar kollegas van die biblioteek is as Openbare Amptenare van die Jaar aangewys terwyl Howard Blight ‘n toekenning ontvang het vir sy bydrae op vele terreine tot die gemeenskap.

Die GTM se personeel in die elektriese beheerkamer sowel as ‘n span toegewyde elektrisiëns het ook meriete sertifikate ontvang vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

Dit sluit in Titelo Refilwe Mohale, January Ngobeni, Nimrod Mafokane en Victor Ramodike (beheerkamer) en die elektrisiëns Desmond Vuma, Andrew More, Rowex Nefale, Oscar Selside, Douglas Mhlabe, Owen Mukwevho, Calcin Ramadzuwa, Edmond Mhlari en Godfrey Selepe. Die funksie was ‘n reuse sukses!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button