NewsSchools

FOTOS: Atletiek begin op n hoë noot by Ben Vorster

Die Vossies het hul atletiekseisoen afgeskop met die jaarlikse Interhuis, wat op 18 Januarie plaasgevind het. Vyf nuwe rekords is opgestel en die gees onder die leerlinge was puik. Die Vossie atlete berei nou voor vir die Nelspruit byeenkoms op 27 Januarie.

Atheners het die sangtrofee en atletiekbeker gewen. Hulle het 725 punte gehad terwyl die Trojane 562 punte gehad het en die Spartane 553 punte gehad het. Nielia Blignaut is aangewys as die beste dogters-dirigent en Wilco Jansen van Rensburg as die beste seuns-dirigent.
Die junior Trofee wenners. Van links: Shammer Ngobeni was die beste junior veldatleet MO/15 Hoogspring 1.45 met 812 ABSA punte, Tshego Ramaloka was die beste junior seuns veldatletleet SO/14 Verspring 5.62m met 974 ABSA punte, Joalize Smit was die beste junior baanatleet MO/14 100 m 14.47 sek met 595 ABSA punte en Paballa Legodi is die beste junior seuns baanatleett O/14 100m 12.28sek met 785 ABSA punte.
Van links: Tshego Ramaloka , Junior Victor Lodorum, Risima Ngobeni, Junior Vixtrix Lodorum, Jolandi van der Merwe, Senior Vixtrix Lodorum en Christiaan Smit, Senior Victor Lodorum.
Die senior Trofee wenners. Van links: Thapelo Ramoshaba was die beste senior seuns veldatleet SO/19 Verspring 6.70m met 824 ABSA punte, Jolandi vd Merwe was die beste senior veldatleet MO/16 Spiesgooi 36.20m met 796 ABSA punte, sy was ook die beste baanatleet vir 100m 13.52sek met 679 ABSA punte en Christiaan Smit was die beste senior seuns baanatleet SO/17 100m 11.23sek met 811 ABSA punte.

Related Articles

Back to top button