NewsSchools

Die Vossies is gerat vir 2018

Die Hoërskool Ben Vorster is baie trots op hul matriekuitslae, wat hul 11de op die ranglys van die Top 20-skole in Limpopo plaas.

95,5% het toegang tot verdere studies behaal.

Daar word ook met verwagting uitgesien na die uitslae na die hermerk van sekere vakke.

‘n Groot getal matrikulante was al Maandag vroegoggend reeds by die skool om hul vraestelle oor te merk.

Die leerkragte is opgewonde en daar heers n groot gees vir 2018.

Die Rooimasjien is gerat vir groot hoogtepunte.

Op die sportgebied het Peter Schutte, rugbyorganiseerder by Hoërskool Ben Vorster, en al die rugbyafrigters die afgelope naweek die Camp Discovery Super Rugbyafrigterskamp by Rust De Winter bygewoon.

Dit het twee dae geduur en top rugbyafrigters, oor die hele land, was ook deel van die oefening.

Die Hoërskool Ben Vorster het ‘n baie suksesvolle Malik-hokkiekliniek op 12 en 13 Januarie aangebied.

Hokkiestokke en – toebehore word aan Ben Vorster deur Malik geborg en Louis van Dyk, seuns-hokkieafrigter by Ben Vorster word ook deur die bekende handelsnaam geborg en hul toerusting sal te sien wees by die nuwe astrobane, wat vroeg in Februarie voltooi sal wees.

Die Springbok, Lindsey Wright, het die Malik-hokkiekliniek aangebied. Haar CV spreek boekdele. Wright het o a in die 209 Caps-wedstryde gespeel vir SA en was die kaptein vir die SA-damesspan. Sy het 2 wêreldbeker-wedstryde asook 2 Olimpiese Spele op haar kerfstok.

Hokkie is gerat vir 2018.

Related Articles

Back to top button