Editor's choiceLocal newsNews

Vuurwerk hel eis weer sy tol in Tzaneen

Talle troeteldier-eienaars moes die nuwejaar tegemoet gaan met hartseer nuus te midde van groot jolyt onder die jaarlikse klapper-hel wat weer sy tol geëis het onder ons viervoetige vriende.

Die nuwejaar het sleg afgeskop vir die Dierebeskermings Vereniging (DBV).

‘n Vreesbevange honde is onder andere raakgery.

Die DBV het verskeie honde moes help en in sommige gevalle was die gevolge baie tragies.

Lees: WATCH: What’s louder – a gunshot or fireworks?

“Hierdie jaar was daar ‘n onuithoudbare geskiet van klappers, selfs oor Kerstyd en geweldig gedurende oujaarsdag en paar dae verder in nuwejaar in. Gedurende oujaarsaand is daar ‘n vuurwerkeaand gereël in Modjadjiskloof op hulle krieketveld in die middel van die dorp. Tot my verbasing is die reëlings nie volgens die munisipale wetgewing toegepas nie,’ het Ellie Potgieter, inspekteur en voorsitter van die Letaba DBV aan Letaba Herald vertel.

Volgens Potgieter moes toestemming deur die Munisipaliteit gegee word, en nie die SAPS nie.

‘Volgens die meeste munisipale wetgewings moet die brandweer sowel as die SAPS teenwoording wees met vuurwerk vertonings. Wat nie so plaasgevind het nie,’ vertel Potgieter.

Lees: Fireworks do’s and don’ts this New Year’s

Luidens die DBV het lidmate van ‘n spesifieke kerk glo net na die middernagerediens, uit die kerk gegaan en blykbaar vuurwerke in die deur van die kerk geskiet.

Sekondes na middernag toe die vertoning by die krieketveld in Modjadjiskloof afgeskop het, het talle diere glo die strate ingevaar en bevrees na skuiling begin soek.

“Hulle het maar heen en weer gehardloop, maar hulle het hulle net vasgeloop in ‘n volgende perseël waar daar net eenvouding ook vuurwerke afgeskiet is,’ vertel Potgieter.

Talle vlugtende en bevreesde diere is deur diereliefhebbers gered en na die DBV geneem. Hiervoor bedank die DBV die weldoeners. Van die diere se eienaars het hulle diere al gaan opeis by die DBV.

‘Ons sal vir die tydperk tot na die vakansietyd verby is moet wag voor die onopgeëiste diere beskikbaar gestel kan word vir aanneming.’ Potgieter verduidelik dat van die diere wat tans nog daar gehuisves word se eienaars moontlik na die vakansietyd die diere kan kom haal.

Die DBV het ook oproepe ontvang van persone wat gedurende Desember verhuis het en hulle diere agtergelaat het sonder om met die DBV te skakel of alternatiewelike reëlings te tref.

Klagtes van diere wat uit inwoners se erwe gekom het en ander se diere aanval of hulle diere se kos gaan eet het was glo ook gereeld aan hulle deurgegee gedurende die feesseisoen.

‘Baie diere is aan ons geskenk van inwoners wat verhuis het uit Tzaneen en Modjadjiskloof. Die diere is beskikbaar vir aanneming,’ sê Potgieter.

Die DBV doen‘n beroep op inwoners in Tzaneen, Modjadjiskloof, Letsitele en buitewyke om hierdie jaar ‘n poging aan te wend om te help om die Munisipaliteite en SAPS daarop te maan om die vuurwerke in ons dorpe heeltemal stop te sit.

‘Lisensies om vuurwerke te verkoop word uitgereik en goedgekeur deur die SAPS aan verskillende klein besighede om aan die publiek te verkoop,’ luidens Potgieter.

Die DBV sal deur die media inwoners in kennis stel wat betrokke wil raak om die ‘euwel’ van vuurwerke uit ons dorpe te verban, of onder ordentlike wetgewing te beheer.

Lenyenye, Nkowankowa en Kgapane het ook gegons onder luide vuurwerke.

Geen gevalle is egter aangemeld aan die DBV van enige diere wat daar vermis word nie.

Die DBV bedank almal wat hulp verleen het met die verlore diere deur middel van sosiale-media.

‘Elke dier wat weer herenig word met hulle eienaars is vir ons ‘n groot verligting en maak ons werk heelwat ligter. Letaba DBV wens almal ‘n voorspoedige 2018 en hoop om ‘n goeie jaar saam die gemeenskap te stap,’ sluit Potgieter af.

Related Articles

Back to top button