KNP: Renoster koei gestroop naby Letaba Ruskamp

NUUSFLITS: 'n Gestroopte renoster karkas is in die Nasionale Kruger Wildtuin (KNP), sowat 10km vanaf die Phalaborwa hek deur 'n toeris opgemerk.

Volgens ‘n betroubare bron is die karkas in die omgewing van die Masorini piekniek uitspan omgewing gewaar in die rigting van die Letaba Ruskamp.

Lees: KNP: Poacher killed, one arrested

Die karkas is Woensdag, 3 Januarie in die vroeë oggendure opgemerk.

“‘n SAP-lid was glo teenwoordig op die toneel en het aan die toeris bevestig dat die renoster se horing wel gestroop is,” het die bron aan Letaba Herald vertel.

Lees: KNP: R2mill to aid in the fight against poaching

Die karkas was glo sowat 50meter die bos in opgemerk.

Volgens nog ‘n bron wat verkies om anoniem te bly was dit ‘n renoster koei en was glo dragtig.

“Nou is die ongebore kalf ook dood. Dit is so hartseer.”

Lees: Suspected poachers fire on SANparks helicopter

Letaba Herald wag vir bevestiging van die voorval deur die SAP en die KNP.

Lees: Zuma leads anti-poaching campaign in KNP

Dit wil voorkom asof renoster stropery vroeg in 2018 negatief en hartseer afskop.

Meer inligting volg.

 

 

Exit mobile version