Editor's choiceLocal newsNews

LETSITELE: Goeie beplanning verhoed skade by Houers

Spoedige en gekoordineerde optrede van Houers se bestuur en brandspanne het voorkom dat die brand wat verlede Donderdag in Houers Kooperatief Bpk se raadsaal ontstaan het, versprei.

Volgens Houers se Hoofbestuurder, Wimpie Mostert, het die brand vermoedelik ontstaan as gevolg van ‘n oorverhitte transformator in een van die raadsaal se ligte.

“Die brand het ongeveer 14:50 ontstaan en Tzaneen Brandweer is onmiddellik ontbied. Tzaneen Brandweer het om 15:27 op die toneel gearriveer. Die brand in die raadsaal was toe reeds geblus en die brandweer kon die gebou binne gaan en beveilig,” vertel Mostert.

Read: LIVE REPORT: Tzaneen Tourism Centre reduced to ashes

Volgens Mostert is die meubels in die raadsaal vernietig. In die poging om te voorkom dat die brand na die res van die gebou versprei is sekondêre skade aan kantoortoerusting en meubels aangerig.

Hy het verder bevestig dat die oorsaak en omvang van die brand verder ondersoek word, maar kan met sekerheid sê dat die oorsaak nie brandstigting was nie.

Vrydagoggend is begin met opruiming en teen Vrydagmiddag was al die kantoor aktiwiteite weer terug na normaal. Opknappings werk sal vroeg in dien nuwe jaar begin.

Niemand is in die proses ernstig beseer nie en Mostert spreek sy dank en waardering uit aan almal wat hulle hulp aangebied het om die brand onder beheer te bring.

Related Articles

Back to top button