Editor's choiceLocal newsNews

TZANEEN: Bekende oud-haarkapper, John Christie oorlede

Die bekende oud-haarkapper, John Christie (84,) is Maandag oorlede.

Letaba Herald het in 2009 ‘n laaste onderhoud met hom gevoer voor hy sy skêr na 58 gebere het en afgetree het.

John is in Tzaneen gebore en getoë en die Letaba omgewing het hom baie na aan die hart gelê.

Sy oupa en ouma was deel van ‘n groep mense wat die dorp uitgelê het. Hy was in 1939 in Laerskool Tzaneen en matrikuleer by Hoërskool Merensky.

In 1949 het hy na skoolure en gedurende vakansietye begin hare sny vir sakgeld.

In 1951 het hy amptelik sy eerste klant gehad.

Hy open sy eerste salon in 1965 in Danie Joubertstraat.

Menige oud-skoliere en lesers sal nog die groot stoel en die spieël vol geplak met sy noot-versameling, onthou. Die spuitkannetjie en die geknip-knip voor die skool weer begin.

Sy liefde vir die Laeveld was baie sterk. Hy het baie tyd spandeer aan lees – alles oor die Laeveld en Letaba omgewings. Hy was ‘n mens-mens en het gedurende die onderhoud vertel dat hy elke siel in die omgewing ken en sy ou klante baie mis.

Hy word oorleef deur sy kinders, Angus en Laetitia Christie en Gert en Sandra du Bruin, asook vier kleinkinders en een agter-kleinkind.

Sy begrafnis vind op 6 Desember om 11:00 uit die Hervormde kerk plaas.

Sy skêr het reeds in 2009 stil geword, maar nou is sy stem ook stil…

Related Articles

Back to top button