NewsSchools

“Dis ‘n Plasie-ding, jy sal nie verstaan nie…”

“EEN vir almal en almal vir een” was die wekroep van die 13 leerder- en onderwyserspanne van Hoërskool Merensky by die eerste Predator Dash te Letaba River Lodge op Saterdag, 11 November.

Te midde van mistige, koel weer het die spanne behoorlik gegly, geduik, gekruip en geskarrel om heelhuids die 3 km hindernisbaan met 15 uitdagende punte kaf te draf.

Die #Seunskoshuis-span help die #Dogterskoshuis-span teen die gladderige bult op.

Merensky se Tiger Tamers; Dirk Albertyn, Dillon de Lange, Josh Labuschagne, Wayne Coppen en Paddy Loam het koning gekraai tussen 15 spanne in die hoërskole-afdeling.

Die hoërskole wenspan, Tiger Tamers, van Hoërskool Merensky. Van links: Dirk Albertyn, Dillon de Lange, Josh Labuschagné, Wayne Coppen en Paddy Loam.

In die laerskole-afdeling het die Klofie Tigers 16 ander spanne modder in die oë geskop.

Die #Seunskoshuis- en #Dogterskoshuis-spanne met ondersteuners. Voor: WD Last, Clinton Gerber en Egbert Robertson. Middel: Elzette Steyn, Nadia Last, Magnus Steyn jnr, Matia van der Westhuizen, Erendia Gerber, Yolandi Potgieter en Carien Robertson. Agter: Irma de Lange, Arno Last en Jan Potgieter.

‘n Allemintige 55 volwasse spanne het kom eindjaarstoom afblaas, met die Honey Badgers wat die septer geswaai het.

Plasieland het 3 onderwyserspanne ingeskryf (#Dogterskoshuis, #Seunskoshuis en #JaOnsIsFiksHoekomVraJy?) en alles gegee met “Dis ‘n Plasie-ding, jy sal nie verstaan nie…” op hul borskas.

Die Plasie #JaOnsIsFiksHoekomVraJy?-span. Voor: Elri Verster, Lindy Britz, Wendy Dreyer en Jaco Verster. Agter: Izelle du Preez.

Letaba River Lodge beplan om volgende jaar twee van hierdie pretkompetisies aan te bied, waaraan die Plasies beslis weer sal deelneem.

Egbert Robertson, Arno Last, Erendia Gerber en Nadia Last gee hulle alles.

Related Articles

Back to top button