Local newsNews

Nog ‘n plaas in Trichardtsdal word geplunder

Die gemeenskap van Trichardtsdal moes verlede week ingryp en help toe plunderaars toeslaan op ‘n plaas, wat privaat eiendom is, en mangos steel.

‘n CPF lid het vir Pieter Gerber, van Ofcolaco Sub CPF, geskakel en hom ingelig dat mense mangos op sy plaas steel, vertel Gerber.

Verskeie lede is na die toneel ontbied, wat die polisie en sekuriteits maatskappye van Tzaneen insluit.

Lees: ‘Landgrab’ turns out to be mango theft

“Ons het die mense uit die boorde uitgedryf en ‘n hele klomp arrestasies is gemaak,” vertel Gerber verder.

Dit was nie ‘n grondbesetting nie, net bloot ‘n kwessie van roof.

Dit is vermoedelik dieselfde Cailies gemeenskap wat vroeër die maand ‘n ander plaas geplunder het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button