TZANEEN: Gerugte dat kind sterf in Shoprite tydens #BlackFriday onwaar

"Geen so geval is aangemeld by die polisie nie.''

Tzaneen Cossings se algemene bestuurder, Alida Smit het aan Letaba Herald bevestig dat die gerug wat vanmiddag die rondte gedoen onwaar is.

Die Herald het aanvanklik vanmiddag op Facebook berig dat daar bewerings die rondte doen dat ‘n kind gesterf het tydens die #BlackFriday stormloop in ‘n Shoprite in ons omgewing.

In daardie stadium kon Smit net bevestig dat sy  gehoor het van die gerug, maar toe ontken dat dit by die Shoprite winkel by die Tzaneen Crossings sentrum is.

‘Dit kan moontlik wees dat die insident by ‘n Shoprite iewers in ons omgewing plaasgevind het. Ek sal julle op hoogte hou van sake,’ het Smit toe aan die Herald verduidelik.

Lees: TZANEEN: ‘Onstabiele’ kind steek broer

Kommentaar op die Facebook pos het hewige reaksie ontlok.

‘Die polisie en alle mediese personeel dra geen kennis van enige aard in die verband nie. Daar is geen saak aangemeld in die hele Limpopo provinsie nie,’ het Smit vanmiddag aan die Herald vertel.

Volgens inligting is die polisie glo besig om die persoon/e op te spoor wat die valse gerug versprei het op sosiale media.

Lees: The dark history of Black Friday

‘Ag jinne, het mense niks beter om te doen, as om paniek te saai nie,’ se Smit.

Vals gerugte soos die het ‘n bittersmaak gelos aan ‘n heel ‘georganiseerde-chaotiese’ #BlackFriday.

“Geen groot op rekord sekuriteits insidente is vandag aangemeld nie. Ons het eintlik geen sekuriteits probleme ondervind nie. Dit was eintlik regtig ‘n misdaad vrye dag. Nie by Tzaneng Mall, Tzaneen Crossing of Lifestyle sentrum was daar merkwaardige insidente aangemeld nie. Die minimum goed is gerapporteer, maar dit was maar vir kleinighede,’ het ‘n tevrede Smit na die besige dag vertel.

Letaba Herald se joernaliste was teenwoordig by al drie winkelsentrums vandag om die inkopie mania vas te vang in fotos, en het ook videos uitgestuur op ons Facebook blad.

Baie was dit eens, dat hulle eerder die choas wou vermy.

VIDEO: 7 Tips to survive Black Friday

Vir die wat wel geduld aan die dag gele het, is daar beslis met ‘n hele paar winskopies en trollievol spesiale aanbiedinge huistoe.

Inwoners word gemaan om nie onodig paniek te saai op sosiale media nie.

Dit kan ‘n persoon duur te staan kom!

Besoek gerus Letaba Herald se Facebook blad vir die videos.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version