TZANEEN: ‘Onstabiele’ kind steek broer

Gerugte wat die ronde doen dat 'n vrou by die Life Style Sentrum met 'n mes gesteek is, is onwaar.

Letaba Herald verneem vertroulik dat ‘n gesin hulle ‘onstabiele’ seun dorp toe gelok het, onder die voorwensel dat hulle vir hom skoene wil koop.

Hulle was glo van plan om hom by ‘n hospitaal te laat opneem.

Hy het glo egter snuf in die neus gekry, en sy broer met ‘n mes gesteek.

‘Die boetie het ‘n ligte meswond opgedoen,’ is aan  Letaba Herald vertel.

Die versteurde seun is tans opgeneem in die Van Velden Hospitaal.

Letaba Herald verneem dat die familie nie ‘n saak teen hulle seun aanhangig gemaak het nie.

Die inligting is aan Letaba Herald bevestig deur die bestuur van die sentrum.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version