Agri Letaba vergadering ‘n sukses

Agri Letaba het hulle finale lede-vergadering van 2017 verlede week Woensdag, 15 November gehou.

Met teenwoordigers van Agri Limpopo, Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut (SANBI), die Tzaneen Sakekamer, die Letaba Skou komitee en talle boere van die omgewing, was verskeie besware suksesvol afgehandel.

Daar was met trots deur Dawie Grobbelaar, voorsitter van die Letaba Skou komitee, die suksesvolle uitslae van vanjaar se skou gelewer.

Vanjaar se skou het meer as 500 meer mense skougronde toe getrek as verlede jaar.

“Die ekstra dag van die skou het beslis gehelp, alhoewel hy nie so suksesvol was soos wat ons gehoop het nie,” het Grobbelaar gesê.

Die Swart Maandag onderwerp was een wat sterk menings en gevoelens voort gebring het.

Na ‘n uur en ‘n half se redeneer, was die ooreenkoms dat elke mens maar hulle eie mening gaan hê oor die saak.

Daar was ook geredeneer oor bestaande sake, bevoorbeeld die elektrisiteit en die sekuriteit van die gemeenskap.

Vir elke beswaar, was daar positiewe terugvoer oor hoe die saak met die regte verteenwoordigers van die regering afgehandel word.

Die sekuriteit en veiligheid van die gemeenskap was warm op almal se lippe, maar hulle was gerusgestel dat die buurtwagte en veiligheids forums sterk hand aan hand met die polisie werk.

Die vergadering was afgesluit na ‘n interessante toespraak deur Claude Mashobane van SANBI oor die bedreiging aan ons inheemse natuur deur uitheemse plante.

Exit mobile version