CrimeNews

Tzaneen: Word dorp se katte afgemaai?

Katte word skynbaar afgemaai en een na die ander verdwyn hulle soos mis voor die son.

Inwoners en kat liefhebbers is erg besorgd en paniekerig.

Strate waar katte vermis raak wat op sosiale media genoem word is oa Leadwood, Sirkelweg en Maculata en Awie Wessels strate.

Inspekteur Ellie Potgieter, van die DBV sê dat hulle bewus is van die inwoners se kommer.

Daar is egter ‘n paar faktore wat in ag geneem moet word, voor daar paniek gesaai word.

Lees: TZANEEN: DBV sluit moontlik hulle hekke

‘Ons is bewus van ‘n paar gevalle van vermiste katte. Dit is nou somer, en dit is paar seisoen en dit is ‘n groot faktor. Katte gaan rondloop,’ sê .Potgieter, veral as hulle nie gesteriliseer is nie.

Rondloper katte kan byvoorbeeld in enige erf in die buurt beland waar hulle deur kwaai honde gebyt word.

‘Ons het al twee katte terug gevind wat vermis was. Dit is beter as kat eienaars hulle katte steriliseer. In ander gevalle kan katte wel vergiftig wees of moontlik per ongeluk doodgery word,’ sê Potgieter.

Sy wys ook uit dat rondloper katte baie ‘omkoopbaar’ is.

‘As ‘n rondloper kat by ‘n huis aankom en hy word gepamperlang gaan hy dit sy nuwe huis maak.’

Potgieter maan verder dat as iemand vermoed dat hulle kat vergiftig is, dit by die veearts asook die DBV aangemeld moet word sodat toetse gedoen kan word. Die SAPS moet ook in kennis gestel word. Die Nasionale Raad van DBV’s het ‘n databasis waar alle vergiftiging insidente op rekord gehou word om alle inligting rondom die insidente geanaliseer te kry en vas te stel watter gif gebruik is en wat die doel van die vergiftiging is, volgens Du Plessis.

‘Sodra daar vasgestel is wat die gif is, kan ons probeer vasstel wie die gif aanhou. Temik is van die mark af vir juis omdat dit  so dodelik is vir mens en dier. Maar dit word nog gebruik in gevalle waar dit onwettig in mense se besit is,’ se Du Plessis

Honde blyk ook vergiftig te word, en dit is moontlik die modus operandi van rowers om huis inbrake te vergemaklik wat ook die afgelope ruk toegeneem het.

Letaba Herald dra kennis van verskeie gevalle waar honde vergiftig is en daar later ingebreek of ‘n poging van inbraak was.

In een geval is beide die inwoner se honde vergiftig. Die volgende dag was die heining geknip. Daar was geen onraad vermoed nie, omdat die heining nie aan die alarmstelsel gekoppel was nie. Inbrekers het later toegang tot die huis probeer verkry. Die alarm stelsel het op die stoep afgegaan en hulle het glo laat spaander.

Intussen het die egpaar die heining laat verhoog en is nou aan die alarmstelsel gekoppel.

Verskeie sekuriteits maatskappye het gesê dat hulle patrollies sal opskerp.

Indien jou kat of hond vermis raak, of ‘n kat of hond by jou huis opdaag, plaas al jou inligting op die LETABA DBV se Webwerf, www.letabaspca.co.za , daar is ‘n “verlore en gevind” afdeling op die blad waar jy ‘n foto ook kan plaas vir die DBV se rekords.

Lees: TZANEEN: Bosbrand bedreig DBV

Jy kan dit ook aanstuur na bertus@herald.co.za jou besonderhede en foto van jou dier.

‘Dit is ook goed om op TzaneenDuiwelskloof Snuffelgids se Facebook blad jou verlore dier aan te meld,’ sê Potgieter.

Die DBV het ook losies geriewe vir katte en honde as vakansiegangers hulle diere wil veilig laat bly wanneer hulle met verlof gaan. Skakel gerus die DBV vir enige diere aangeleenthede op 015 307 2611.

Related Articles

Back to top button