Larries maak skoonskip by swemgala

Verskeie Laerskole in die Mopani omgewing het onlangs bymekaar gekom om uit te swem vir ‘n plek om deel te neem aan die jaarlikse Laerskole Top 10 gala wat aangebied is 4 November.

Die Larrie swemmers het geswem dat die water spat en ‘n algehele eersteplek ingepalm.

Laerskool Phalaborwa was in die tweedeplek en Unicorn Preparatory School in die derdeplek.

Die uitslae vir die 100m rugslag: eersteplekke – Donia Smit en Ockert Schoeman, tweedeplekke – Christo Ferreira, derdeplekke – Kyra van der Vyver.

100 m vryslag: Eersteplekke – Jason Bosman en Larike Joubert, tweedeplekke – Juan Meintjes, Donia Smit en Wernich Schmidt, vierdeplek – Nicole Aucamp.

200m individuele wisselslag: Eersteplekke – Donia Smit en Wernich Schmidt, tweedeplekke –Elné Haynes, vierdeplek – Juan van Heerden.

50m rugslag: Eersteplekke – Ockert Schoeman, Leandré de Lange, Christo Ferreira en Elné Haynes, tweedeplekke – Simoné Schonken, Christiaan Jansen van Vuuren, en Markus Theron

50m Borsslag: Eersteplekke – Juliana du Plessis, Tashné Opperman, Larike Joubert en Katlego Hoaeane.tweedeplekke – Schalk Rossouw, Simoné Schonken, Wernich Schmidt en Markus Theron.derdeplek – Carl Volschenk vierdeplek – Mark van der Merwe, sesdeplek – Elné Haynes

50m vlinderslag: Eersteplekke – Jané Auret, Ockert Schoeman, Jason Bosman en Larike Joubert, tweedeplekke – Juan Meintjes en Tashné Opperman, vierdeplek – Juan van Heerden, vyfdeplek – Raudeen van Wyk.

50m vryslag: Eersteplekke – Jané Auret, Jason Bosman en Christiaan Jansen van Vuuren, tweedeplekke – Leon de Lange, Leandré de Lange, Wernich Schmidt, Juan Meintjes en Donia Smit, derdeplek – Kyra van der Vyfer, vierdeplekke – Anrich van Wyngaardt en Nicole Aucamp, vyfdeplek – Amoré Duvenhage.

4 x50m Vryslag aflos: Eersteplekke – 6, tweedeplekke – 3, derdeplekke – 3, vierdeplekke – 1.

4x50m Wisselslag aflos: Eersteplekke – 6, tweedeplekke – 2, derdeplekke – 3, vierdeplek -1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version