Vossies word beloon vir harde werk

Akademie bly dié nommer een prioriteit van die Hoërskool Ben Vorster, soos elke Graad 12-jaargroep se uitstekende eindeksamen se uitslae kan getuig.

Die Vossies se harde werk en toewyding aan hulle studies is op 17 Oktober tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling gevier met die oorhandiging van verskeie toekennings.

Die graad 12-leerlinge wat erepennings vir volgehoue akademiese prestasie ontvang het. Voor: Nkateko Mathye, Bianca Klopper en Lizaan Geldenhuys. Agter: Simphiwe Hlongwane, Mulaedza Netshingolwe en Mikateko Nkuna.

Gerhard Bezuidenhout is aangewys as die Dux-leerling vir 2017. Hy was die Graad 12-leerling wat die hoogste gemiddelde punt (85,7%) vir die jaar gehandhaaf het.

Die graad 12-leerlinge wat erepennings vir volgehoue akademiese prestasie ontvang het. Voor van links: Phuti Sako, Kara Greyling en Nicole Swardt. Agter: Adriaan Roets, De Wet Vorster, Shalom Ngobeni, Bernard Vermaak en Gerhard Bezuidenhout.

Gerhard is ook die beste leerder in Engels eerste addisionele taal, fisiese wetenskap, wiskunde en gevorderde programmeringswiskunde.

Die volgende Graad 12-leerlinge het erewapens vir akademiese voortreflikheid ontvang. Hulle het elkeen ‘n gemiddeld van 80% met elke rapport, vanaf die eerste kwartaaal in Graad 8 tot en met hierdie jaar se rekordeksamen, gehandhaaf: Gerhard Bezuidenhout met ‘n gemiddeld van 86%, Kara Greying (85,75%), Shalom Ngobeni (83,25%), Adriaan Roets (89%), Phuti Sako (85,25%), Bernard Vermaak (86%) en De Wet Vorster (89,25%)

Die graad 12-leerlinge wat erepennings vir volgehoue akademiese prestasie ontvang het. Voor: Miha De Jager, Jozette Oosthuizen, Emje Gebhardt-DeNysschen en Jonelle Oberholzer. Agter: Wian Jacobs en Mpho Maloba. Afwesig: Melissa Naudé.

Akademiese erepennings is ook aan Vossies, wat deur hulle hoërskoolloopbaan nege sertifikate vir akademiese prestasie ontvang het, oorhandig. Leerders ontvang ‘n goud-, silwer- of brons akademiese sertifikaat vir elke keer wat hulle onder die Top 10-, 20- of 30-presteerders na afloop van kwartaal 1, 2 of vier was.

Exit mobile version