![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/113/2017/10/IMG_5077_03086.jpg)
Die Vossies se harde werk en toewyding aan hulle studies is op 17 Oktober tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling gevier met die oorhandiging van verskeie toekennings.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/113/2017/10/Brons_11244.jpg)
Gerhard Bezuidenhout is aangewys as die Dux-leerling vir 2017. Hy was die Graad 12-leerling wat die hoogste gemiddelde punt (85,7%) vir die jaar gehandhaaf het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/113/2017/10/Goud_75272.jpg)
Gerhard is ook die beste leerder in Engels eerste addisionele taal, fisiese wetenskap, wiskunde en gevorderde programmeringswiskunde.
Die volgende Graad 12-leerlinge het erewapens vir akademiese voortreflikheid ontvang. Hulle het elkeen ‘n gemiddeld van 80% met elke rapport, vanaf die eerste kwartaaal in Graad 8 tot en met hierdie jaar se rekordeksamen, gehandhaaf: Gerhard Bezuidenhout met ‘n gemiddeld van 86%, Kara Greying (85,75%), Shalom Ngobeni (83,25%), Adriaan Roets (89%), Phuti Sako (85,25%), Bernard Vermaak (86%) en De Wet Vorster (89,25%)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/113/2017/10/Silwer_58051.jpg)
Akademiese erepennings is ook aan Vossies, wat deur hulle hoërskoolloopbaan nege sertifikate vir akademiese prestasie ontvang het, oorhandig. Leerders ontvang ‘n goud-, silwer- of brons akademiese sertifikaat vir elke keer wat hulle onder die Top 10-, 20- of 30-presteerders na afloop van kwartaal 1, 2 of vier was.