NewsSchools

Plasies is Sêr-kampioene

Die derde Laeveld Sêr-kompetisie is op Woensdag, 20 September, te Hoërskool Ben Vorster aangebied.

Vanuit die staanspoor het daar ‘n feestelike gees onder die toeskouers geheers.

Die gehoor is aan die begin daaraan herinner dat daar nie tydens ‘n optrede hande geklap mag word nie, maar na afloop van elke item het die dak behoorlik gelig soos die deelnemers toejuiging is.

Drie professionele beoordelaars het besluit wie vanjaar se sêrkroon gaan dra.

Jeandré Venter (Tukkies se serrie-beoordelaar en akteur) het die leiding geneem en saam met Maryke Johnson (‘n musieklektor by TUT) en Nastassja Jooste (Erica in My Father’s War en Silvia in Getroud met Rugby) koppegekrap.

Die Plasies met hul Vikings-tema is as die wenners van die aandaangewys. Hulle het ook ‘n R 5 000-prys gewen vir die beste voorbereide werk. Hoërskool Ben Vorster se musiekradio het vir hulle ‘n tweedeplekbesorg.

Hoërskool Piet Potgieter was geheime agenteen het in die derdeplek geeïndig.

Hoërskool Merensky hoop dat hierdie ATKV-inisiatief van krag tot krag sal gaan en bedank almal wat betrokke was om van die aand so ‘n groot sukses te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.

Related Articles

Back to top button