TZANEEN:’911 Riders’ met ope arms ontvang

Die emosies het hoog geloop en die trane het gerol toe die groep '911 Riders - Bike riders against farm murders' Limpopo besoek het.

Hulle het 21 polisiestasies in Limpopo besoek onder andere Hoedspruit, Gravelotte, Letsitele, Tzaneen en Haenertsburg.

DANKIE: Die organiseerder van die ‘911 Bikers’, pastoor Tj Maré het ‘n memorandum aan die Hoedspruit stasiebevelvoerder, Lt Kolonel Sesinyana Bila, oorhandig.

Meer as 30 motorfietse het aan die besondere geleentheid deelgeneem en al die geraas van die enjins het alleenlik ‘n punt gemaak.

Die ‘911 Riders’ kom by Gravelotte polisiestasie aan.

Die organiseerder, pastoor TJ Maré, het ‘n memorandum aan elke polistasie oorhandig om waardering te toon vir die geveg teen misdaad en geweld in die landelike gemeenskap.

Lt Kolonel Martin van Staden stel pastoor Tj Maré voor aan Kolonel Ngobeni, die stasiebevelvoerder van die Tzaneen SAPD en Lt Kolonel Bill.

Hy het ook die GPF lede bedank vir hulle harde werk en samewerking met die SAPD.

Tzaneen se roadhogs het ook ‘n deel van die rit bygewoon.

Daar is al verskeie veldgtogte gedoen en een rit is gewoonlik twee tot vyf dae lank, afhangend van die roete.

MEMORANDUM: Tj Maré van die ‘911 Riders’ oorhandig ‘n memorandum aan Ondersoekbeampte Palane van Gravelotte SAPD.

“Ons doen dit nie omdat ons niks het om te doen nie, ons is bekommerd oor ons boere,” het pastoor Maré aan ondersoekbeampte Palane in Gravelotte gesê.

ALMAL STAAN SAAM: Die gemeenskap van Hoedspruit het die ‘911 Riders’ ondersteun die afgelope Vrydag.

Johan Potgieter, voorsitter van die Hoedspruit Dorpswag het die Hoedspruit gemeenskap bedank vir hulle bydrae tot die onkoste vir die ontvang en verskaf van verversings aan ons motorfietsryers.

Lt Kolonel Martin van Staden en sy kollega het die ‘911 Bikers’ op hulle rit vergesel.

Dankie aan: Ronel en Nico van Exquisite African Gifts en Bloo, Maruleng Auto se eienaars, Anton en Heinrich Bredenkamp van Hoedspruit Spar, Johan en Carien Hartzenberg van Berg en Hoed Gastehuis, Hoedspruit Plaaswag, Pierre Diederichs van Ecologic, Rocco van Drakensig Motors, Hennie en Susan Strijdom, Labamba en Pick ‘n Pay Hoedspruit.

Potgieter het gesê dat die Hoedspruit gemeenskap die afgelope ruk diep geraak was deur die plaasaanvalle en ander misdaad in die mooi dorp. Dit is daarom belangrik dat die breë gemeenskap bewus gemaak word van die euwel en dat almal moet saamstaan om dit te beveg. Enige persoon is nog welkom om deel te neem aan die besondere aksie. Kontak gerus vir Marie by 082 683 2835.

Potgieter het die ‘911 Riders – Bikers against farm murders’ bedank vir die besonderse aksie en het die Dorpswag se ondersteuning bevestig.

“Weer eens baie dankie aan al ons borge en vir die skenkings,” het Potgieter afgesluit.

Exit mobile version