HULDEBLYK: ‘Jy laat ‘n groot leemte in almal wat jou geken het se lewens…’

Hendrik Neetling, sekretaris van Leydsdorp Boere Vereeniging is Vrydag 8 September op Ofcolaco aan ‘n hartaanval oorlede.

Sy familie het die volgende huldeblyk saamgestel:

‘Dankie vir elkeen wat Pappa se tyd hier in Ofcolaco so spesiaal gemaak het, dankie dat ons so spesiaal hier voel. Pappa ons harte is seer, jy laat ‘n groot leemte in almal wat jou geken het se lewens. Ons kan sien hoekom Pappa so lief was vir alles en almal hier. Soos hulle, mis ons Pappa en is baie lief vir Pappa. Tot ons weer om ‘n vuur sit. Al ons liefde, Annie, Heinie, Rose en Cobus.’

Hendrik se roudiens was Dinsdag 12 September vanuit die Gravelotte NG kerk.

Lees ook: TZANEEN: Bekende in plaaslike landbou sterf skielik

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version