Mnr en Mej Vossie 2017 aangewys

Die Hoërskool Ben Vorster het op 6 September hulle jaarlikse glansaand, waar Mnr en Mej Vossie vir 2017 aangewys word, gehou.

Die aand is afgeskop met ‘n vertoning van Arno Jordaan waarna die 20 finaliste hulle beste voetjie op die loopplank voorgesit het.

Mnr en Mej Vossie gaan egter oor meer as net uiterlike skoonheid.

Die finaliste moes aan die beoordelaars wys dat hulle met selfvertroue en grasie voor ‘n gehoor kan optree.

John Naudé, eerste Prins, Wilco Jansen van Rensburg, Mnr Vossie en Erik Meintjes, tweede Prins.

Die beoordelaars het Wilco Jansen van Rensburg en Lumé Jacobs as Mnr en Mej aangewys. Dihana van Zyl en Nielia Blignaut was eerste en tweede prinsesse en John Naudé en Erik Meintjes eerste en tweede prinse.

Thabang Mathole en Stephanie Nagel is as Mnr en Mej Persoonlikheid aangewys en Erik Meintjes en Nicole Fourie as Mnr en Mej Fotogenies.

Die organiseerders bedank graag al die borge, in besonder vir Hendra Gouws van Blomskuur.

Exit mobile version