Plasie-praters raak radikaal

Vier redenaarspanne en vier soloredenaars van Hoërskool Merensky het op 2 September, aan die Radikale Redenaarfees te Hoërskool Pietersburg deelgeneem.

Marlu McLean (graad 12) dring vir die tweede jaar deur na die landswye finaal op 14 Oktober in Pretoria met haar toespraak: ‘Selfies maak jou dom’.

Die Graad 11-span, Bianca Elbrecht, Jason Mellett, Christelle Brummer en Kyla Schoeman eindig in die tweedeplek met hul redenasie rondom tienerliefde.

Kyla Schoeman, Jason Mellett, Christelle Brummer en Bianca Elbrecht.

Die graad 9’s, Jamie Robertson, Suandrie Corbett, Amelda Pretorius en Dian Malherbe het mond uitgespoel oor ‘n unieke sirkusidentiteit, en in die derde posisie geëindig.

Dian Malherbe, Jamie Robertson, Amelda Pretorius en Suandrie Corbett.

Die graad 8-span van Mariesa Schutte, Brett Richter, Ruben Potgieter en Michaela Elbrecht voel tieners word in ‘n blik gedruk.

Ruben Potgieter, Brett Richter, Michaela Elbrecht en Mariesa Schutte.

Hulle eindig in die derdeplek, terwyl die ander graad 8-span met Retief Fourie, Salomé Lombard, Marjoné Beukes en Jacques Bezuidenhout die vyfdeplek ingeneem het met hul redenasie dat die “boere-groet” verander het.

Jacques Bezuidenhout, Marjoné Beukes, Salomé Lombard en Retief Fourie.

Hoërskool Merensky sien uit na die 2018-redenaarseisoen, waar ‘n rekorddeelname van veral Afrikaans Addisionele Taalsprekers verwag word.

Exit mobile version