Local newsNews

OPVOLG: Lino toon verbetering-‘Hy het darem al gelag en my ‘n vetdruk gegee’

Sy vrou, Chantell het bevestig dat Lino goed lyk en dat hy bly was om haar langs sy hospitaalbed te sien.

Lino de Carvalho, bekende sakeman van Tzaneen,  is Woensdagoggend  opgeneem met ‘n aneurisme in die Unitas hospitaal in Pretoria.

Lees: Lino ernstig na beroerte

Sy vrou het bevestig dat Lino goed lyk en dat hy bly was om haar langs sy hospitaalbed te sien.

‘Hy lyk  baie goed en hy is  baie bly om my te sien. Hy het darem gelag en my ‘n vetdruk gegee. Die dokters en spesialiste was almal vandag by hom (Donderdag 7 September),’ sê Chantelle.

Volgens Chantelle is almal gelukkig en is Lino se bloedruk stabiel.

‘Die susters het gevra dat ek met die dokters praat oor die scans wat hulle gedoen het. Dit het aansienlik baie dooie weefsel na die beroerete gewys, maar is nou minder,’ se Chantelle.

Lino toon verbetering.

‘Hy kan darem al sy regter hand druk as ek hom vra hy moet. Die fisioterapeut, spraakterapeut en arbeidsterapeut het met hom begin en sal vir die volgende twee weke aan hom werk. Hy bly net vreeslik moeg, ek neem aan dit is van die skade op die brein dit is omdat hy moeg is en net wil ‘recover.’ Hy slaap vreeslik baie,  ek is net so 5 minute op ‘n slag by hom dan is hy uitgeput en dan slaap hy weer,” vertel Chantelle.

Vir die volgende twee weke sal Lino gemonitor word en sal hulle probeer om sy bloedruk konstant en stabiel te hou, volgens haar.

‘Die neurochirug sal dan ingaan en die aneurisme basies afbind. Daar is net vir my gesê dat hulle baie bang is dat daar in die volgende twee weke nog aneurisme kan wees om dat daar stremming op die brein is agv die bloeding wat daar lê, wat nie eintlik daar moet wees nie so die brein is geirriteerd  en dit is hoekom die die chirug weier om in die volgende twee weke in te gaan om aan hom te werk.’

Lino kry tans sy terapie.

‘Ons bid nou net vir ‘n ‘miracle.’

Chantelle het die volgende roerende gedig en boodskap vir Lino geskryf op FaceBook:

 

My liefste mooiste mens.

Jy met jou hart van goud
Jy wat jouself altyd laaste sit
Jy wat my soos jou queen behandel
Jou kids wat jou alles is.
Jy wat nou fight vir jou lewe,
Get well soon please
Come home to us
I will never complain about your smoking again
I will treasure every second
Sal aan jou kleef
Wil jou vashou en inasem
Wil jou sien gholf speel saam Jaimie
Wil jou vra vir raad met my winkel
Zietske wil op haar pappa se skoot sit
Gabs wil jou nog om haar pinkie draai

Wil wil wil…..

Here ek dra my engel man Lino aan U op. Engele voor sy bed. Engele wat hom styf vashou. En fluister – Be Still and know I am God. Raak hom aan soos net U kan Vader. Neem beheer van ‘n situasie wat ons nie beheer het nie Vader. U is die weg. U is die waarheid. U is die Lig. Help ons deur hierdie storm Vader.

My engel, byt net vas! Ek fight hierdie battle vir jou. I will bring you home babe!!

Die gemeenskap en die hele OK SugarHill MiniMarket en SugarValley familie wens Lino beterskap toe en dink aan die familie met sy pad na beterskap.
Sterkte Lino!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button