NewsSchools

Merensky se MDDK dans internasionaal

Na hul optrede tydens die Tzaneen Skou, het Hoërskool Merensky se Latin, NRG en Classics-dansers glad nie laat slaplê nie.

Die dansstudio’s op Plasieland het weerklink soos hulle geoefen het vir die Solo Danca Polokwane kompetisie op 26 Augustus.

Nog was dit het einde niet, want op 2 September het die span meegeding in die Dance Fusion South Africa kompetisie te Letsitele.

Na afloop van die twee kompetisies was die danstutor, Bonita Lourens, erg in haar noppies met die dansers se prestasies.

In die Hip-Hop solo kategorie wemel dit van goue medaljes. Ulrich Greeff behaal 85%, Jeandré Joubert 82,5%, met Handy Mosila kort op sy hakke met 82%. Luzaan Spies kry 81,5%. In die Contemporary solo afdeling dans Nicole Muller (88,5%) en Ulrich Greeff(80%) ook goue medaljes los.

Voor: Crystal Kirstein. Agter: Jeandré Joubert, Marna Barnard, John Slabber, Ulrich Greeff, Nicole Muller en Luzaan Spies.

John Slabber (79,5%) mis sy goue medalje naelskraap. Marné Barnard behaal 70% vir Contemporary terwyl Crystal Kirstein en Nicole Muller 73% vir hul duet behaal. Die opwinding was tasbaar aangesien Jeandré Joubert, Luzaan Spies en Handy Mosila kwalifiseer om in Australië te gaan deelneem.

Die twee matrikulante, John en Ulrich, het ook hiervoor gekwalifiseer, maar sal met Jan tuisbly se karretjie moet ry vanweë die matriekeksamen. Hulle word egter as ere-deelnemers genooi na die nasionale ‘You’ve got IT’ talentuitdunne in November vanjaar.

Vlugvoetige Nicole Muller het die beoordelaars so beïndruk dat sy sonder omhaal gekies is om aan die International Finals in Asië deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button