NewsSchools

Merensky sit die SUPER in superskool

Merensky gaan op TV verskyn waneer VIA TV se nuwe vasvraprogram, Superskole, 4 September begin uitsaai.

Die Laeveld kan op 4 September regop sit en aandag gee wanneer VIA TV (kanaal 147) se nuwe vasvraprogram vir hoërskole begin.
Alle hoërskole in die land was genooi om deur middel van ‘n kort video in te skryf vir hierdie opwindende kompetisie, met die gewilde rymkletser en popsanger, Snotkop, as aanbieder.
Slegs tienskole is uiteindelik genooi om aan die program opnames in Johannesburg deel te neem en Hoërskool Merensky was die enigste skool in Limpopo wat die paal gehaal het.
Vier bloubloed superbreine, Claudia Olivier, Casper Jordaan (graad 12), Bianca Elbrecht (graad 11) en Juan-Jacques Moller (graad 10) het hul lyf ‘n week lank superster gehou. Hul kennis van taal, wiskunde, algemene kennis en popkultuur is getoets.
Alhoewel die Plasiespan nie nou al die kat uit die sak mag laat nie, nooi hulle die hele wêreld uit om hierdie spesiale oomblikke vanaf 4 September met hulle te deel.

Die Plasies vat gou ‘n breek en sien kans vir ‘n selfie. Van links: Juan-Jacques Moller, Claudia Olivier, Bianca Elbrecht en Casper Jordaan.

Related Articles

Back to top button