NewsSchools

Vossie-fynskuts laat die medaljes inrol

Die Vossies het hul staal gewys in die Limpopo skyfskietkampioenskap. Hulle het ses goue-, ‘n silwer- en vier bronsmedaljes verower.

Die skuts wat deelgeneem het was Hano Sliep, Maryke Basson, Zack Verster, Johandré le Roux, Sean Fourie en Lorenze Dreyer.

Hano Sliep (O/21) het eersteplekke behaal in die 3P-lê-, staan- en kniel-posisies asook ‘n goue medalje vir die beste prestasie in die 3P-totaal. Hy het goud ontvang vir 10m-staanposisie en Groot Totaal.

Hy het ook sy persoonlike beste telling van 535/600 vir 3P geskiet.

Zack Verster (O/16) het ‘n eersteplek in die 3P-lê-posisie behaal met ‘n briljante 198/200. Hy het bronsmedaljes in die 3P-staan-, knielposisies en 3P-totaal verower. Zack was vierde in die Groot Totaal.

Maryke Basson (O/16) het ‘n silwermedalje in die 10m-staanposisie en ‘n bronsmedalje in die Groot Totaal ontvang.

Johandré le Roux het ‘n vyfdeplek in die Groot Totaal behaal en Sean Fourie het ‘n sesdeplek in die 10m-staanposisie behaal.

Related Articles

Back to top button