NewsSchools

Merensky se nuwe kuierplek kry ‘n naam

“Sien jou pouse by die… um...,” of “Kom Luister na Radio Merensky daar by die nuwe... um?” Vir Hoërskool Merensky was “um” eenvoudig nie goed genoeg nie.

Vir Hoërskool Merensky was “um” eenvoudig nie goed genoeg nie en het die tyd aangebreek om die besondere, nuutgeboude “um” te doop.

Daarom dat elke bloubloed Plasie onlangs die geleentheid gehad het om sy voorstel vir ‘n naam vir die nuwe kuier-area in die middel van die skool te maak.

Hierdie opelug-amfiteater staan nou waar netbal- en tennisballe vroeër weerklink het.

Vele kreatiewe voorstelle is ingehandig, onder andere Weiveld, McLands, Da Chillas, Plasie-stasie, Die Melkweg, Die Watergat en Die Krip.

Dit was egter Dirk Albertyn (graad 11) wie se voorstel, Die Byekorf, deur Plasieland se hoof, Magnus Steyn, gekies is.

Dirk Albertyn wie se inskrywing, ‘Die Byekorf’, aan die einde die kompetisie gewen het.

Mnr Steyn het die simboliek agter hierdie naam as volg verwoord: “Dit maak my opgewonde, want bye is van nature hardwerkende, sosiale wesens. Hulle is onontbeerlik in die landbou, en maak ‘n verskil aan die gemeenskap met heerlike, soet heuning – soos ook verbeeld in die skoolwapen.”

Meer as 1 000 opgewonde stemme eggo reeds gereeld in Die Byekorf.

Voortaan sal die bekende WoWee Woensdae, leierskursusse, musiek- en toneelaande, sokkies en ander funksies hier aangebied word.

Merensky leerders in hulle nuwe kuierplek, Die Byekorf.

Related Articles

Back to top button