Local newsNews

Trok ongeluk op Magoebaskloof eis lewe

Een persoon is vanoggend oorlede in ń ongeluk op die Magoebaskloofpas

Die ongeluk het vanoggend op die Magoebaskloofpas net voor die vulstasie gebeur.

Volgens inligting is een persoon oorlede.

“Die trok het ‘n vrag staal vervoer en was oppad na ‘n bou perseel,” is aan Letaba Herald vertel.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Verskeie groot trokke het die pas glo gebruik tydens nooddienste besig was op die ongeluks toneel.

“Dit is duidelik dat trok bestuurders hulle net glad nie aan die pad reëls steur nie. Dit nadat hulle baie bewus is van die feit dat hulle nie toegelaat word op die pad nie,” het ń bron aan Letaba Herald gesê.

*Foto verskaf

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button