NewsSchools

Vossie slimkoppe stal uit tydens Tritech-streeksronde

Die Graad 8 en 9 fisiese- en lewenswetenskapleerders van die Hoërskool Ben Vorster het vyf silwer- en twee bronsmedaljes tydens die streeksronde van die Nasionale Tritech-kompetisie behaal.

Die Tritech Wetenskaps-ekspo is ‘n landswye kompetisie waar leerders, wat fisiese wetenskap en lewenswetenskappe as vak het, met hulle praktiese uitstallings teen mekaar meeding.

Take moet ‘n positiewe impak op gemeenskapsvlak kan maak.

Die leerders wat silwer medaljes ontvang het, was: Khatisani Xingwavila Mongwe, met ‘n taak oor mynbou, Eben Fourie met sy projek getiteld: “Ek is Eben en ek is ‘n YouTuber”, Franco Venter met ‘n projek oor ‘n bekostigbare alarmstelsels, Bevan Schoombie met sy projek getiteld: “Dagga is Gagga of nie?” en Zinnia du Plessis met haar taak: “Verander melk in plastiek”.

Luandra Geldenhuys het ‘n bronsmedalje vir haar projek: “Genoeg Gas?” gekry en Kyle Martiz en Pieter du Toit het ‘n bronsmedalje vir hulle projek oor vermikuliet as isolasie gekry.

Related Articles

Back to top button