Astro hokkiebaan, ‘n eerste vir Tzaneen

Die Hoërskool Ben Vorster se hokkie het die afgelope paar jare teen sterker kompetisie te staan gekom omdat hulle opponente op astro bane begin oefen het.

Danksy die Hoërskool Ben Vorster en plaaslike besighede sal die Vossies voor die einde van die jaar kan spog met hulle eie astro hokkiebaan.

Volgens die skoolhoof, Chris Denysschen, sal die skool die nuwe baan tot voordeel van die hele gemeenskap aangewend word en is dit hoogtyd dat Tzaneen se hokkiespelers toegang tot ‘n astrobaan kry.

“Ons het lank gewik en weeg of ons ‘n astro baan moet bou, maar teen die einde was die behoeftes van ons hokkiespelers die deurslaggewende faktor. Indien die skool sy visie – naamlik om elke leerder optimaal te ontwikkel gestand wou doen, kon ons die bou van die baan eenvoudig nie langer uitstel nie.”

Indien alles volgens plan verloop behoort die baan vroeg in die vierde skoolkwartaal voltooi te wees.

Exit mobile version