Mandela DayNews

Pioniers sê dankie

Die inwoners van Pionierswoonstelle bedank graag almal wat op Mandeladag 'n verskil in hulle lewens gemaak het.

Hulle bedank eers die Hemelse Vader dat Hy mense se harte, hande en voete oopmaak om te dien.

Hulle wil dan ook die munisipale personeel bedank wat na hulle probleme geluister het, vir Pest Control wat om hulle huise vir miere gespuit het, Snyman Boerdery wat aan hulle geslagte hoenders gegee het, ook aan Letaba Herald se personeel wat hulle naels versorg het, fotos geneem het en die weeklikse gratis nuusblad, aan James en Maria van Shekinah House vir 6 liter water van Oasis Water, shampoo, vrugtesap en koekies.

Carmen Malan van Letaba Herald verf een van die tannies by Pioniers se toonnaels.

Graag bedank hulle ook dan borge wat nie vir Mandeldag was nie, Bassmasters vir die broodrolletjies, rys, kerrievleis en vars eiers, Tzaneen Koelkamers vir hoenders, Letaba Pakkers vir Oros, Fanie vir groente en Tzaneen Drags vir broodrolletjies.

Hulle waardeer dit opreg.

Related Articles

Back to top button