HULDEBLYK: ‘Jou plekkie is leeg…’

Werner Matthee-Strydom se roudiens besonderhede bekend.

Bekende inwoner van Tzaneen, Werner Matthee-Strydom, is onder tragiese omstandighede oorlede op 12 Julie.

Tzaneen het hom geken as die persoonlike assistent vir ‘n finansiele adviseur van Absa Bank.

Sy lewensmaat, Jean-Pierre De Kock, het die volgende huldeblyk saamgestel:

“My Lief ek mis jou vreeslik, jou plekkie is leeg. Jy het ‘n hart van goud gehad en was altyd bereid om almal te help. Lief jou oneindig baie. My hart is in stukke. Love you Always, tot ons eendag weer ontmoet.”

Die gemeenskap spreek hulle innige meegevoel uit aan sy familie en vriende wat hy agterlaat.

Werner se roudiens sal uit die Volle Evangelie Kerk in Tzaneen op Vrydag (more), 21 Julie, om 11:00 plaasvind.

Exit mobile version