HOEDSPRUIT: Bekende egpaar op plaas aangeval

Dit is die tweede aanval in minder as 'n maand in die Hoedspruit-omgewing.

Die eienaars van die bekende “Jessica die seekoei” is vroeg Woensdagoggend op hulle plaas aangeval.

Tonie Joubert, en sy vrou, Shirley, is in hulle huis aangeval volgens ‘n polisie verslag uitgereik deur Konstabel Livuhani Mulaudzi.

Joubert het ongeveer 03:00 wakker geword en is gegryp deur ‘n gewapende man, lees die verslag verder.

Die paartjie is saam vasgebind waarna vier mans hulle opdrag gegee het om vir hulle te wys waar die kluis se sleutels is.

Hulle het die sleutels aan die verdagtes oorhandig.

Drie wapens en kontant is gesteel.

Die verdagtes is deur die huis en verskeie elektroniese toestelle soos ‘n platskerm televisie en ‘n skootrekenaar is ook gevat.

Lees ook: HOEDSPRUIT: Verdagtes vlug na plaasaanval, voertuig terug gevind

Hulle het gevlug in die slagoffers se grys Mitsibushi bakkie met die registrasie nommer BTS 722 L.

Niemand is inhegtenis geneem nie en die polisie het ‘n groot soektog geloods.

Die paartjie het ook geen ernstige beserings opgedoen tydens die aanval nie.

Debby Thomson van die “Victim Support Unit” was op die toneel om die slagoffers by te staan.

Lees ook: Koos Hermann bedank almal na Magoebaskloof plaasaanval

Die voertuig is later die oggend by Marite naby Hazyview gevind, volgens ‘n verslag van die Hoedspruit Plaaswag.

Hulle bedank almal wat met die soektog gehelp het.

Op 26 Junie is ‘n ander egpaar, ook van Hoedspruit erg getraumatiseer na verdagtes hulle ook in die vroeë oggendure aangeval het.

Die man is oorval in die sitkamer en met ‘n wapen oor die kop geslaan het die Hoedspruit Herald berig op 30 Junie.

Die verdagtes het aangedring op kontant en wapens.

Lees ook: TZANEEN: Derde plaasaanval in twee dae ruk boeregemeenskap

Juwele en rekenaars is gebuit en daar is op die vlug geslaan met die egpaar se voertuig.

Die voertuig is later verlate gevind.

Exit mobile version