GESOEK: ‘Alleen, verlore en koud in die berge…help soek na Dublin’

Dublin is soek...en almal word gevra om te help met die soektog.

‘n Groot soektog is geloods, en almal word gevra om op die uitkyk te wees na Dublin, hulle diere, Irish Terrior ‘kind’.

Beanca van Niekerk en haar vriende het die afgelope naweek in die Dap Naude Omgewing in Magoebaskloof gaan uitkamp.

Waar dwaal Dublin rond?

Dublin het die vriende op ‘n vroegoggend drafie vergesel.

‘Die een oomblik was hy nog by ons, toe ons weer kyk, toe is hy skoonveld,’ het van Niekerk aan die Letaba Herald vertel.

‘n Beloning word aangebied vir die persoon wat Dublin veilig opspoor en terug besorg.

Bianca het vroeg Sondagoggend die volgende pleidooi op haar Facebook profiel gepos:

Die Facebook pleidooi..

Dublin was nog altyd hulle waghond  wat hulle op avontuur uitstappies vergesel het, vertel sy.

Dublin tydens een van die vele uitstappies.

‘Waar ook al ons gaan, hetsy dit die berge is of gaan swem in watervalle gaan Dubbies saam. Hy kyk uit vir moeilikheid en is ‘n warm lyfie op ons voete by die vuur,’ vertel Beanca.

Dublin….waar is Dublin?

‘Hy word altyd gesien as een van die groep. Om te dink dat hy alleen, verlore en koud in die berge is breek ons harte. Dit is asof een van ons mense-vriende vermis is.’

Het jy vir Dublin dalk al gesien?

Skakel vir Bianca op: 082 966 1573 of Juan Winter: 082 928 7328

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version