TZANEEN: DBV sluit moontlik hulle hekke

'Dit is nie oor ons nie meer wil nie, dit is oor ons nie meer kan nie.'

DIE Letaba Diere Beskermings Vereniging (DBV) sal noodgedwonge hulle opsies moet bekyk aangaande die voortbestaan van die DBV.

Die drastiese stap sal moet oorweeg word wat weens die maandelikse toelae van R8 500 van die munisipaliteit nie voldoende is nie.

‘Dit is nie oor ons nie meer wil nie, dit is oor ons nie meer kan nie. Ons kostes aangaande die water en ligte alleen is ongeveer R5 500 tot R7 000 per maand. Dit laat ons met R1 500 vir bedryfskostes en dit is net onmoontlik,’ sê Ellie Potgieter van die DBV.

Volgens Potgieter dra die Nasionale Lottery ook glad nie meer by tot enige DBV in Suid Afrika nie.

‘Hulle neem nie eers meer aansoeke in nie,’ vertel Potgieter. Dit is in die media aan alle dierewelsyns organisasies deurgegee dat daar nie fondse toegeken gaan word in die toekoms nie.

Die toekoms prentjie wat Potgieter skilder is donker. Die DBV sien tans om na 60 katte en 40 honde. ‘Ons het ooreengekom dat ons ‘n maandelikse bedrag betaal, maar geen rekening word maandeliks uitgestuur nie, met rente wat gehef word. Die nuwe rekening wat uitstaande is staan op R77 000,’ vertel Potgieter.

Volgens Potgieter kan die Letaba DBV nie meer die finansiële druk hanteer nie.

Die DBV het herhaalde keer gevra vir vrywaring van water en ligte asook heffingskostes, of meer finansiële ondersteuning.

Bedryfskostes, soos kos vir die diere, en brandstof en roetine inspeksies wat gereeld moet gedoen word by alle fasiliteite wat verwant hou met diere, nood uitroepe en toerusting, onderhoud van die hokke en voertuig, is ongelooflik noodsaaklik maar vereis fondse.

‘Dit is veral die buitewyke van die dorp waarheen ons moet ry om mishandelde diere en gevalle te gaan ondersoek wat ons baie uit die sak jaag. Ons werk baie nou saam met die Departement van Landbou, Staatsveeartse en Natuurbewaring. In sommige gevalle het hulle nie voertuie wat ons kan bystaan nie,’ sê Potgieter, dan rus die verpligting op die DBV.

Die pleidooi aan die munisipaliteit nou is om hulle vry te skel van water en ligte asook heffings.

Volgens Potgieter is daar welsyns organisasies asook skole in Suid Afrika wat nie water en ligte betaal nie.

‘Hoekom kan ons nie ook vrygespreek word nie,’ wil Potgieter weet.

‘Ons wil nie drastiese stappe neem deur van perseel te verskuif nie, aangesien dit ‘n geweldige ontwrigting vir die diere sal wees, asook hoë kostes sal vereis. Ons wil graag doen wat reg is en uitbrei om die area wat ons diens die beste te gee na ons vermoë. Dit vereis fondse. Ons werk hard om self befondsing te in, deur funksies te hou, en betrokke te raak by alle skole en besighede wat ons inneem.

Die DBV het groot planne en die Haenertsburg Rotaries is baie nou betrokke by die organisasie.

Skeepsversending houers, geskenk deur die Haenertsburg Rotariers is besig om stelselmatig hulle plek in te neem by die DBV.  Dit is uit en uit ‘n gemeenskaps projek en kostes word nie deur die DBV self aangegaan daarvoor nie.

Die plan is om dit in te rig as kantore, opvoedkundige sentrum en ‘n winkel.

Die Letaba DBV se kring is wyd en dien die Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Soekmekaar, Ofcolaco en Harmonie omgewing, waaronder Nkowankowa, Kgapane en Lenyenye ook ingesluit is. Volgens Potgieter bestaan daar uitsonderlike inwoners in van die omgewings asook, skole en besighede van Tzaneen.

Letaba DBV wil almal hartlik bedank vir hulle bereidwilligheid om uit eie sak skenkings te maak.

‘As dit nie vir hierdie briljante gemeenskap van Tzaneen was nie, was ons hekke lankal toe,’ luidens Potgieter.

Letaba Munisipaliteit het nog nie ‘n sent aan die DBV gegee vir die laaste 30 jaar nie.

Die kantore is herhaaldelik besoek met die nodige inligting aangaande ooreenkomste betrekkende ‘n skut, sonder sukses. Laerskool Duiwelskloof is onder andere een van die skole wat genoem word, wat die DBV baie goed ondersteun, asook ‘n paar barmhartige samaritane woonagtig in Modjadjiskloof

‘Ons kan nie onbepaald so aangaan nie. As die munisipaliteite nie gehoor gee aan die wetlike aspekte aangaande ‘n skut nie, is die toekoms van Letaba DBV baie duister vertel Potgieter.

Die wet is aan die kant van die DBV. Die konstitusie van Suid Afrika se wetgewing stipuleer duidelik, dat plaaslike regerings, Groter Tzaneen Munisipaliteit, asook Letaba Munisipaliteit (Modjadjiskloof in die geval), ‘n skut kontrak in plek moet he, sodat die DBV wettig kan optree as plaaslike skut.

‘Elke munisipaliteit/plaaslike raad moet oor ‘n skut beskik waar verlore, rondloper of geskenke diere na omgesien word tot eienaars hulle verlore diere kom op eis en/of ‘n nuwe huis vir die dier gesoek word en of die lot van die dier bepaal sal word.’

Die wet sê verder dat waar ‘n plaaslike DBV wel oor hokke en personeel beskik en die bedryskostes dra, moet die DBV betaal word deur die raad vir die dienste. As die twee munisipaliteite self hul eie skut bedryf of oprig, sal dit in elk geval deur die DBV geinspekteer word om standaarde van dierewelsyn te hanthaaf.

Indien daar nie so ooreenkoms bestaan nie, kan die DBV aangekla word van diefstal, sou hy voortgaan.

Die DBV sal wel klagtes van die publiek kan ondersoek van dieremishandeling maar nie wettig diere kan inneem in die skut nie.

Opsies wat tans na gekyk moet word. Die twee Munisipaliteite moet ‘n nuwe skut ooreenkoms aangaan met die DBV, of, die munisipaliteit moet die DBV bestuur, met die inagneming van infrastruktuur, personeel, voertuie, dierekos en veearts dienste, en besef dat die organisasie ‘n sewe dae per week verantwoordelikheid is.

Die tweede opsie is dat die raad ‘n tender vir ‘n diensteverskaffer uitreik, en in ag neem dat die DBV ‘n verpligting het ten opsigte van die welsyn van die diere in die sorg van die DBV of enige ander skut wat nie onder die DBV val nie, in terme van die Diere Beskermings wet no 71 van 1926.

Hulle hoop om ‘n oplossing aangaande die probleem binnekort te kan kry.

Potgieter het al met sameprekings begin voor ons ter perse gegaan het.

Neville Ndlala het nie op navrae reageer nie.

Luidens Ellie Potgieter glo sy dat hulle sal kan onderhandel met die GTM.

Exit mobile version