Dubbel Goud vir Canell

Hierdie jong skut woeker met haar boogskiettalente en hou die Plasies haar loopbaan met verwagting dop.

Canell Jackson, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Merensky, het op 17 en 18 Junie aan twee boogskietkampioenskappe deelgeneem.

Op Saterdag, 17 Junie het sy aan die Mpumalanga ABO 3Di-kampioenskap buite Marble Hall deelgeneem. Hier verwerf sy goud,‘n persoonlike beste telling en spog met ‘n provinsiale kwalifisering.

Op Sondag, 18 Junie het sy aan die Vaaldriehoek Binnenshuise Kampioenskap in Kempton Park deelgeneem, waar sy weer goud inpalm en haar kwalifiserings naelskraap mis.

Canell Jackson by die Mpumalanga ABO 3Di-kampioenskap buite Marble Hall.
Exit mobile version