PHALABORWA: Rondloper leeu in dorp gewaar

'Die publiek moet bewus wees, oor die moontlikheid van die rondloper leeu.'

Volgens ‘n Facebook inskrywing van Jaco Gericke is die leeu vroeer vandag in Koperstraat oorkant Action Auto gewaar.

Dit is in die omgewing agter Kruger Spar, volgens Gericke.

Letaba Herald het op 22 Mei ook berig oor ‘n rondloper leeu in Phalaborwa.

Lees: Lion on the loose close to Phalaborwa

Drew Abrahamson, eienaar van  Captured In Africa – Exclusive Safaris and Founder at Captured In Africa Foundation (CIAF),  het aan Letaba Herald gese dat dit onseker is om in die stadium te bevestig of dit dieselfde leeu is waaroor ons toe berig het.

‘Die publiek moet ingelig wees dat daar ‘n moontlikheid is van ‘n rondloper leeu. Hulle moet op die uitkyk wees,’ luidens Abrahamson.

Natuurbewaring is glo op hoogte van sake gebring.

Meer soos inligting beskikbaar word.

Exit mobile version