Local newsNews

TZANEEN DAMWAL: Konstruksie gaan dalk tweejaar sloer

Skokkende onthulling tydens AgriLetaba se vergadering...

DIE konstruksie aan die Tzaneen damwal kan moontlik nou tot twee jaar neem om te voltooi.

Dit was die skokkende onthulling tydens AgriLetaba se vergadering te Constantia Boere-saal verlede week.

‘Die konstruksie aan die damwal vorder stadiger as verwag is. Die sement is harder as verwag en daar is ook staalbeton versterkings binne in die sement,’ het Pieter Vorster, voorsitter van AgriLetaba aan lede gesê.

Die wal word ook vier meter afgebreek en dan weer vandaar sewe meter opgebou.

Dus sal die totale verhoging slegs 3 meter wees van waar hy nou is, luidens Vorster.

Die boustelasies waarvan gebruik gemaak word, is glo ook nie sterk genoeg om die masjienerie wat benodig om van die staalpype te verwyder te kan dra nie.

Letaba Herald het vroeër vanjaar berig dat konstruksie om die damwal met vier meter te lig uiteindelik begin het.

Lees: Raising of Tzaneen dam wall to begin soon

‘Ek kan nie sien dat dit twee jaar gaan vat nie,’ het Vorster gesê.

Een van Agri Letaba se lede, Carel Minnaar het bygevoeg dat daar tans niks gebeur nie en dat hulle probeer om Waterwese te motiveer om die damvlak van die water te lig.

Dit is na 60% verlaag, om voort te gaan met die konstruksie.

Dit is duidelik gemaak tydens die vergadering, dat indien hulle nie genoop was om die vlak van die dam te laat sak nie, sou die damvlak huidiglik op ‘n geraamde 80% gestaan het as die goeie reën neerslae wat ons omgewing die afgelope ruk ontvang het in berekening gebring word.

Dit is glad nie goeie nuus vir die boere van ons omgewing wat afhanklik is van die Letaba Rivier wat as voedingsaar deur hulle plase vloei nie. En dit is boonop winter.

Tydens die vergadering het Moses Mahlangu van die DIGES groep ook lede toegespreek oor die publieke deelname aan die nuwe kraglyn wat beplan word deur ESKOM in die Constantia omgewing.

Lees: GTM werk hard om krag probleme op te los

Die kraglyn sal volgens beplanning in 2022 afskop. ‘n 110-120km kraglyn van 400kw word beplan vanaf die Foskor substasie na Spencer substasie in die Constantia omgewing.

Lees: PREMIERPARK: Inwoners kragloos, moedeloos…wat is die probleem?

Die beplande kraglyn is om versterking te bied aan die twee genoemde substasies.

Dit is veral die Spencer substasie wat versterking benodig wat krag moet voorsien aan Soekmekaar, Giyani en Tzaneen.

Daar word tans na twee roetes gekyk wat beplan word, en die impakstudies behoort oor 5 jaar afgehandel te wees.

‘Dit is ‘n langtermyn plan en baie insette moet nog gelewer word,’ volgens Mahlangu.

 

 

Related Articles

Back to top button