OPVOLG: Rondloper leeu voer steeds skrikbewind in Phalaborwa-omgewing

WAARSKUWING-GRAFIESE FOTO: Die soektog na die rondloper-leeu in die Phalaborwa-omgewing het nog net 'n donkie karkas opgelewer.

Die Leeu wat vermoedelik uit Letaba Ranch ontsnap het, is volgens gerugte tans in die Selwane omgewing.

Lees: Lion on the loose close to Phalaborwa

Drew Abrahamson, eienaar van Captured in Africa, het vanoggend aan Letaba Herald vertel dat ‘n helikopter Dinsdag, 23 Mei vir sowat ‘n uur na die leeu gesoek het sonder sukses.

Die helikopter wat help met die soektog. Die vlieenier is Phill Cope en die veaarts is dr Peter Rodgers wat help met die soektog.

‘Die soektog was onsuksesvol. Die helikopter was vir ongeveer ‘n uur in die lug maar kon slegs ‘n karkas van ‘n donkie wat die leeu beetgekry het opspoor,’ luidens Abrahamson.

Die karkas is volgens Abrahamson in ‘n droë deel van die Letaba Rivier gekry.

Die karkas van die donkie. Foto verskaf.

Natuurbewaring het streng opdrag aan bewaarders gegee om nie die dier van kant te maak, sou hy gekry word nie.

Inwoners van die omgewing is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die rondloper-leeu en om bedag te wees.

‘Die gemeenskap, sowel as die boer van wie se plaas die leeu ontsnap het,  is in hierdie stadium baie bereidwillig om te help met die soektog na die leeu sodat hy veilig en lewend gevind word,’ het Abrahamson aan Letaba Herald gesê.

Verskeie omgewingsbewuste organisasies het hulle gewend tot sosiale media ter ondersteuning vir die behoud van die leeu.

Letaba Herald hou ons lesers op hoogte na die soektog van die leeu.

Lees ook:

Last escaped Kruger lion most likely found his way across N4

Man mauled by lions close to Phalaborwa

 

Exit mobile version