Local newsNews

Kou stadig aan jou duur avo, wees spaarsamig met die eiers…petrol dalk binnekort goedkoper!

Avo pryse maak ons mal, eiers laat ons twee keer dink om ń ommelet te maak...maar dit blyk dat die petrol prys darem weer verligting kan bring...net net nog!

ń Vooruitskatting van die Automobiel Assosiasie wil dit laat blyk dat motoriste ń daling in die petrolprys kan verwag in Junie!

Die skynbare goeie nuus volg op ń wisselvallige olieprys oor die laaste ruk en ń sterkter rand.

Die AA het laat blyk dat ń verlaging ń voorspelling is wat moeilik is, maar ń verlaging van 24c per liter vir petrol, 20c vir diesel en 21c vir lampolie lyk moontlik!

Voorgesette produksiebesnoeiings om die olieprys op te stoot kan sake vir verbruikers deurmekaar krap, volgens die Organisasie van Petroleumuitvoerland (Opul).

Die rand wisselkoers het teen die einde van verlede week by die vlak van R13.27 gedraai. Die prys van Brent-Olie was sowat $53.18 per vat.

In tussen moet almal maar die beursies styf vashou. Avos koester en langsaam gebruik, ń lê-hoender of twee aanskaf, en die lampies begin vryf vir die “genie uit die lamp” vir n wens of twee vir daardie silwer randjie belofte!

Daar is darem altyd ń lig aan die  einde van die tonnel…as Eskom seker ook nie daardie lig moet verskaf nie!

So steek ń kers aan en hou moed!

Lekker week! Bly positief! Die tweede wêreld oorlog was sekerlik erger!

Related Articles

Back to top button