Plasies debatteer suksesvol

Op Woensdag 10 Mei het drie debatspanne van Hoërskool Merensky te Hoërskool Hans Strijdom op Naboomspruit deelgeneem aan die jaarlikse ATKV-debatkompetisie vir hoërskole

Die ATKV skryf die onderwerp voor, en spanne moet dan inleidend of opponerend daaroor debatteer.

Die seniorspanlede was twee graad 10’s, Stefan Corbett en Liza-Ri Snyman, wie die mening gehandhaaf het dat gratis tersiëre opleiding gelykheid in Suid-Afrika sal bevorder.

Plasieland is trots op hul twee juniorspanne uit graad 9, wie albei hul debatte teen spanne van Hoërskool Nylstroom gewen het.

Die onderwerp waaroor hul mond uitgespoel het, was of kulturele verskille die deurslaggewende faktor by die opstel van skoolreëls moet wees.

Ikne Stucki, Meggan Cloete en Amelda Pretorius het veral tydens hul informele debatsgesprek hul opponente geroskam.

Dirk Crafford, Suandrie Corbett en Jamie Robertson het uitstekend gevaar met ‘n tweedeplek.

Hiermee dring hul deur na die semi-finale ronde in Benoni op 26 Mei.

Hoërskool Merensky hou styf duimvas vir hierdie juniorspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version