‘n Vrou wat in die Wolkberge glo gegly het en daarna as vermis aangemeld is veilig.
Volgens inligting het die vrou gaan stap om besembosse te kap.
Sy het glo gegly en ‘n krans sowat 80 meter ver afgeval.
Die brandweer en polisie het met die soektog begin nadat hulle ingelig is.
18 Eskader van die Hoedspruit Lugmag en soek-en-reddingseenhede het om omstreeks 15:00 kragte saamgesnoer en met haar soektog begin, volgens inligting.
Die vrou is laat Dinsdagaand, 16 Mei opgespoor, gestabilliseer en na die Van Velden Hospitaal geneem waar sy tans aansterk.
Sy het glo ernstige kopbeserings opgedoen.
Die vrou is glo van die Maake omgewing afkomstig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.