NewsSchools

Vossies gasheer vir liga skyfskiet kompetisie

Die Hoërskool Ben Vorster was op 22 April die gasheer vir ‘n liga skyfskiet kompetisie. Die besoekende skole was Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Koedoeskop en Hoërskool ME Akademie.

Die Vossieskuts, wat deelgeneem het, was Hano Sliep, Maryke Basson, Zack Verster, Johandré le Roux, Mareli Delport en Lorenze Dreyer.

Hano en Maryke het albei eersteplekke in die 3P en 10m asook vir hulle groot totale ontvang.

Hanno Schmidt.

Hulle bring ses goue medaljes huistoe en Maryke wat die hoogste telling geskiet het word aangewys as die Sporterskut van die dag.

Zack Verster het ‘n tweede-en derdeplek los geskiet op lê- en staanposisie en Johandre ‘n vierde-en vyfdeplek in dieselfde afdeling.

Die Vossies se volgende liga skyfskiet kompetisie vind op 20 Mei te Louis Trichardt plaas.

Related Articles

Back to top button