Local newsNews

TZANEEN: Jare oue broodbome bloot uitgekap-inwoners woedend

‘Ek het nou die skok van my lewe gekry. Julle moet gaan kyk hulle kap daardie broodbome voor die poskantoor met ‘n kleinbyltjie af.'

DIE drie reuse broodbome in Morganstraat is Donderdag by die poskantoor se hoofingang uitgekap.

Inwoners is woedend en Letaba Herald se lyne is warm gebel.

‘Ek het nou die skok van my lewe gekry. Julle moet gaan kyk hulle kap daardie broodbome voor die poskantoor met ‘n kleinbyltjie af,’ het een van die inwoners gesê.

Dit is onduidelik of die broodbome ‘n bedreigde spesie is, en of ‘n persoon ‘n wettige lisensie in sy besit moet hê, om die bome net te verwyder.

Letaba Herald verneem dat Willie Schoeman sowat 40 jaar gelede die broodbome daar geplant het.

‘Daardie broodbome is met ‘n hyskraan daar laat afsak en geplant, toe was hulle seker al meer as 50 jaar oud.

Die broodbome wat uitgekap is, word na bewering geraam om ongevver 100 jaar oud te wees.

Dit is seker R100 000 werd,’ het nog ‘n bron wat verkies om annoniem te bly, aan Letaba Herald vertel.

Matome Mokgabodja, posmeester het aan die Herald gesê, dat dit ‘n skoonmaak poging is om die omgewing rondom die poskantoor veiliger te maak.

Letaba Herald het onlangs berig oor krimeniele elemente wat om die poskantoor plaasvind en dat die poskantoor gevandaliseer word.

Lees: Tzaneen businesses turning into homeless shelters at night

‘Die gemeenskap het gevra dat ons moet skoon maak, en dit is wat ons doen. Ek het nie geweet dat dit broodbome is nie. As lede van die gemeenskap vir ons kom vra het om dit nie uit te haal nie dan sou ons nie. Ek weet nie watter tipe plant dit is nie,’ het Mokgabodja aan die Herald gesê.

Volgens hom beplan hulle om ‘n klein tuintjie daar aan te bring.

‘As enige persoon ‘n probleem ondervind by die poskantoor, moet hulle my kom sien, almal is welkom,’ het Mokgabodja verder gesê.

Die kontrakteurs wat die bome verwyder het wou nie hulle name aan die Herald verskaf nie.

‘Dit is ‘n tender wat ons gekry het, en ons doen net ons werk,’ is gesê.

‘n Woordvoerder van die Suid Afrikaanse Poskantoor, Johan Kruger het nog nie kommentaar gelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button