Cornelius Chauke (24), John Mthetwa (25) en Shakes Lebepe (25) het voor die Tzaneen Magistraat verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die opset om te roof.
Lees: LUSHOFF PLAASAANVAL: Drie verdagtes aangekeer, verskyn in hof vandag
Mthetwa en Chauke is afkomstig van Zimbabwe en is nie in besit van ‘n paspoort nie.
‘n Vierde verdagte is vrygelaat as gevolg van onvoldoende bewyse teen hom.
Die drie verdagtes sal weer Vrydag 7 April in die hof verskyn.
For more news your way, follow Letaba Herald on Facebook and Twitter.