Local newsNews

TZANEEN RUK EN TRIL: “My African Grey het gevries en nie ‘n veer verroer nie”

'Ons kan dankbaar wees dit was nie op Nuwejaars nie. Mense sou dink dis die einde van die wêreld, intussen was dit net die rand wat geval het...'

So het Gary Jones grappig verwys op die Tzaneen/Snuffelgids Facebook groep nadat Tzaneen se inwoners skuins voor 20:00 hulself boeglam geskrik toe die aarde ietwat gebeef het.

Sosiale media is kort daarna het  daarna ‘geruk ‘en ‘geskud’ met kommentaar.

Luidens  earthquaketrack.com, is ‘n aardbewing van 6.5 in Botswana geregistreer op die Richterskaal. Die trilling is gevoel in dele van Tzaneen en ook sover as  in Johannesburg, Mafikeng, Kimberley, Pretoria en ander dele van Suid Afrika.

Lees: Another earth tremor shakes parts of the country

Tzaneen se inwoners het dit ook gevoel.

‘n Familid, Mandy Jacobs, een van Letaba Herald se joernaliste wat in Botswana woon het die volgende vertel:

‘Dit was so 5:09 vanoggend (Maandag 3 April) . Alles het net begin bewe en die ruite het ‘gerattel.’ Dit was nie lank nie maar dit was erg genoeg om’n mens te laat bang voel. Daar is geen skade iewers wat ek van weet nie maar almal praat van dit. Almal maar baie groot geskrik. Daarna was almal wawyd wakker. Maansdagaand om  18:10 het die aardbewing  deur Botswana in Lobatsie gegaan. Die ergste in Botswana  was in Letlakane  en het 6.8 op die rigterskaal gemeet. Ek was in Potchefstroom vanoggend  toe ek hom gevoel het.

Roelien du Tiot van Tzaneen het die volgende aan Letaba Herald vertel:

“My African Grey het vir 30minute na die skudding ‘gevries’ op een plek gesit en nie ‘n veer verroer nie. Die glas skuifdeur het so geruk dit het klink soos iemand wat klop om in te kom en my bank het geskud… eienaardige gevoel….eerste keer in my lewe wat ek dit beleef.”

Liza Ferreira Bornman het vertel dat dit ‘n vreemde gevoel was:

“Dit was so vreemde gevoel. Eers het ek gedink  wat vang die muise nou bo in die dak aan. Groot geraas en rammel. Stoel wikkel onder my. Nee was eienaardig hoor. So opgewonde om blikkies wat amper van kas afgeval het dat ek my glas wyn omstamp. Gooi toe maar nog ‘n glasie in vir skok. Die hondjies het ook lekker geblaf. Ek het geonder wat in hulle koppies aangegaan het. Jip was scary. Dit was erg alles rattel en bewe. Ek kannie glo hy trek so ver nie.

Henriette Maartens het op Facebook gesê: ‘Letaba Estates, gevoel. Die spieel in die badkamer het gevibreer en ek het ‘n harde dreuning gehoor, amper soos n trein geklink!

Dit is nie die eerste keer dat ‘n ligte aardbewing dele van Tzaneen bietjie skud nie.

Letaba Herald wag vir terugvoering van Geo science vir meer kommentaar wat lig op die onderwerp kan gooi.

Lees:

Light earthquake felt in and around Tzaneen

Letsitele aardbewing laat die gemeenskap gons

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button