Vossies se slimkoppe word vereer

Die Hoërskool Ben Vorster het in Februarie erkenning gegee aan die Vossies, wat akademies presteer het in die vierde kwartaal van 2016, met die uitdeel van erepennings.

Na afloop van die 1ste, 2de en 4de kwartale ontvang die top 30-akademiese leerders goue (eerste 10 leerders), silwer (posisie 11 – 20) of brons (posisie 21 -30) sertifikate.

Nghemanbo Engetani het die prys vir uitnemende prestasie in Xitsonga gekry met ‘n 93% vir haar Graad 11 Xitsonga.

Leerders wat 9 sertifikate verwerf het, kwalifiseer vir ‘n akademiese erepenning wat tydens die jaarlikse prysuitdeling in Februarie uitgedeel word.

Die volgende Graad 10 (2016) leerders het goue erepennings ontvang. Agter: Pieter Jansen van Rensburg. Voor van links: Zani Vorster, Nielia Blignaut, Lerato Hutamo.

Die toppresteerder in elke huistaal is ook aangewys. ‘n Formule wat die verskillende grade se volume werk en moeilikheidsgraad in ag neem om die algehele top leerder in sy/haar spesifieke huistaal te bepaal.

Die volgende Graad 11 (2016) leerders het ‘n silwer erepennings ontvang. Agter van links: Kara Greyling, Emje de Nysschen, Wian Jacobs, Shalom Ngobeni, Annemarie Venter.
Voor: Miha de Jager, Ndavi Nokeri, Jozette Oosthuizen, Jonelle Oberholzer, Lizaan Geldenhuys.

Jozette Oozhuizen, wat in 2016, 96% vir gr 11 Afrikaans behaal het, was die wenner van die Afrikaanse prys. In Xitsonga was Nghenabo Engetani die wenner met 93% in gr 11.

Die volgende Graad 10 (2016) leerders het silwer erepennings ontvang. Agter van links: Tshepang Pilusa en Anzeret Scheepers. Voor: Michaela Bekker en Christelle Smit.

Lerato Hutamo (gr10) en Mpho Maloba (gr11) deel die toekenning vir Sepedi met 93% elk.

Mpho Maloba en Lerato Hutamo het die prys vir uitnemendheid in Sepedi gedeel. Hulle het albei 93% vir Sepedi in 2016 behaal. Mpho was in Graad 10 en Lerato in Graad 11.
Die volgende Graad 11 (2016) leerders het goue erepennings ontvang: Agter van links: Gerhard Bezuidenhout, Bernard Vermaak, Adriaan Roets, De Wet Vorster. Voor: Mpo Maloba, Phuti Sako en Nicole Swardt. Afwesig: Melissa Naudé.
Die volgende Graad 11 (2016) leerders het brons erepennings ontvang. Agter van links: Pierre Roos, Renaldo van Rensburg, Wilhelm Roos. Voor: Mulaedza Netshiongolwe, Engetani Nghenabo, Annine Haasbroek en Chrisli Roodt.
Die volgende Graad 10 (2016) leerders het brons erepennings ontvang. Agter van links: Roehan Steenkamp en Clara Molokwane. Voor: Simoné Ferreira, Rumbidzai Shilapane en Anzelle Pearson.
Exit mobile version